Metaalkonyn (astrologie)

辛卯

Die Metaalkonyn (辛卯, xīnmǎo) is die 28ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die vierde Aardtak (卯, mǎo), gesimboliseer deur die Konyn (兔, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalkonynjaar het in 2011 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 3 Februarie 2011 tot 22 Januarie 2012.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search